R3,285,000
Monthly Bond Repayment R35,599.78
Calculated over 20 years at 11.75% with no deposit.
Change Assumptions
Calculate Affordability | Calculate Bond & Transfer Costs | Currency Converter
R1,320
R1,750
Leef jou droom in Kranspoort.
Vandat jy by die groot aluminium deur instap en deur die groot glas vensters na die pragtige tuingedeelte kyk weet jy… hier is iets anders!
Wat ‘n pragtige plek… nuut, modern en lig! Die groot aluminium deure en vensters maak dat die vertrekke soomloos bymekaar inskakel en die leefvertrekke werklik iets besonders word. Wanneer jy op die stoep sit en om jou kyk, voel dit asof jy heeltemal alleen daar bly. Net jy, die Bos en die wild wat kuier–kuier daar verby loop. Die ingeboude braai, asook die pizza oond is onderdak, waar daar na almal se smaak gekuier kan word, ongeag die weervoorspelling. Die sprankel swembad, asook die groot boma, vorm die hartklop van die huis en die baie ruim speelkamer en kroeg area gaan verseker vir baie herinneringe sorg… daar waar menige sportspan luidkeels aangemoedig gaan word en die oorwinning gevier kan word. Indien die behoefte daar is om vir ouma ‘n eie blyplekkie te verseker, kan daardie kuiervertrek met baie min koste, in ‘n aparte woonstel omgeskakel word. Die gaste toilet is gerieflik naby aan die leefareas en is baie goed geplaas.
Die oopplan kombuis, TV kamer en stoep word een groot leefvertrek sodra die stapeldeure oopgemaak is. Wintertyd knetter die vuurtjie al van vroegdag af in die kaggel en kan daar gelyktydig TV gekyk, asook aandete voorberei word. Die moderne kombuiskaste en die granietblaaie komplimenteer mekaar en is die ruim opwaskamer goed beplan en gerieflik naby. Die slaapgedeeltes is privaat aan die anderkant van die huis – drie slaapkamers met twee moderne badkamers, elkeen met ‘n groot stort, bad, wasbak en toilet. Wat dadelik jou oog vang is die besondere teëls in die storte. Al die kamers het pragtige ingeboude kaste wat beslis enige kleurskema sal komplimenteer.
Buite is daar baie pavleisel en is die motorhuis groter as standaard. ‘n Groot bonus is die 6 sonpanele asook die nodige omskakelaarsisteem wat moeitevrye krag waarborg. Wanneer dit egter nodig sou wees is Eskomkrag steeds ‘n alternatief. Die ingang na die erf is slim beplan en kom die tuin tot sy reg terwyl daar gemaklik in en uit gery kan word.
As bonus is daar nog ‘n ekstra erf – beide aangrensend tot die reservaatarea- en is die gekonsolideerde erf tans een van die grootste erwe in Kranspoort. ‘n Hele 2500m² wat die gevoel van ‘n “eie plaas” verseker. Daar is voldoende onderdak parkeerplek vir ‘n Karavaan, Boot, Waentjie asook nog voertuie op die ekstra erf en vertoon die gruis wat daar gegooi is ten alle tye skoon en netjies.
Beslis ‘n plek waarna jy self moet kom kyk om al die ekstras te waardeer. Skakel my gerus, ek kan nie wag om jou daar te gaan wys nie!
Features
Interior
Exterior
Sizes
Kranspoort, Middelburg
Get Email Alerts
Sign-up and receive Property Email Alerts of Houses for sale in Kranspoort, Middelburg.
Disclaimer: While every effort will be made to ensure that the information contained within the Seeff Property Group website is accurate and up to date, Seeff Property Group makes no warranty, representation or undertaking whether expressed or implied, nor do we assume any legal liability, whether direct or indirect, or responsibility for the accuracy, completeness, or usefulness of any information. Prospective purchasers and tenants should make their own enquiries to verify the information contained herein.